Dit is die eerste plasing van vele waar ek bietjie meer gaan deel oor my gunsteling Afrikaanse skrywers. Ek het baie skrywers wat ek as my gunstelinge beskou en daarom sal ek meer as een skriffel hieroor moet maak . . . Vir jare lank was liefdesverhale my gunsteling genre. Ek lees steeds liefdesverhale, maar krimis is nou bo aan Read More
Afrikaans 100
Afrikaans, my taal!
Ek is lief vir Afrikaans, al het ek soms die neiging om ‘n bietjie te skryf soos ek praat – nie so suiwer nie. Daar is vir my net niks lekkerder as lekker Afrikaanse woorde nie. Niks lekkerder om ‘n boodskap ordentlik uit te skryf nie. Toe my seun in laerskool was, was Mixit en hulle manier van skryf vreeslik Read More
My liefde vir Afrikaans
Dit voel of my liefde vir Afrikaans maar van altyd af daar was, maar ek onthou spesifiek hoe ek elke boek wat ek my hande kon oplê verslind het van ‘n baie jong ouderdom af. In laerskool het ek alles (in Afrikaans) gelees wat beskikbaar was in die skoolbiblioteek. My ma het my destyds by ‘n boekklub aangesluit waar ek Read More
Afrikaans word 100 in 2025
Vandag is die inleiding na die feesvieringe om Afrikaans se 100 jaar te vier. Gaan kyk gerus op Afrikaans 100 se webtuiste en geniet al die lekker inligting oor Afrikaans. Gaan lees hier waarvoor Afrikaans 100 staan. Wens jou gunsteling woord in Afrikaans hier geluk en staan ‘n kans om ‘n Afrikaans 100 T-hemp te wen. Word deel van die Read More