Op Saterdag 21 September is die wenners aangekondig vir die kykNET-Rapport-boekpryse, asook die kykNET-Rapport-resensiepryse.
Die prysgeld beloop sowat R1 miljoen, en bestaan uit vier boekpryse en twee resensiepryse. Dit word jaarliks toegeken vir Afrikaanse werk wat in die vorige kalenderjaar verskyn het.
ONS BOEKPRYS WENNERS IS:
KYKNET-RAPPORTPRYS: FIKSIE (ROMANS)
- Van vaders en vlugtelinge, SJ Naudé (Human & Rousseau)
KYKNET-RAPPORTPRYS: NIEFIKSIE (ROMANS)
- Die binneland in, Dana Snyman (Tafelberg)
KYKNET-RAPPORT-HERMAN BINGE-PRYS: FILM
- Vuurvoël, Elmarie Viljoen-Massyn (Human & Rousseau)
JAN RABIE-RAPPORTPRYS: DEBUUT- OF TWEEDE PROSAWERKE
- Konkel, Pieter Marais (Protea Boekhuis)
ONS RESENSIEPRYS WENNERS IS:
FIKSIE Resensies
- Nathan Trantraal: “Ons is gevangenes van dit wat ons liefhet: Magmoed Darwiesj gedigte in Afrikaans” oor Die vlug van ’n vreemdeling, soos vertaal deur Bester Meyer, in Herri, Julie 2023.
NIEFIKSIE Resensies
- Lindie Koorts: “Wanneer die geskiedenis swaarder weeg as die vrou” oor Onder ‘n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk in Rapport, 30 Julie 2023.
© Surene Esterhuizen
Lees ook:
KYKNET-RAPPORT-BOEKPRYS NOMINASIES
KYKNET-RAPPORT-RESENSIEPRYS NOMINASIES