Lêplek vir die hart deur Marilé Cloete, uitgegee deur Romanza, ‘n druknaam van LAPA Uitgewers, is ‘n lekker liefdesverhaal oor tweede kanse. (ISBN 9781779875341)
Iris Koopman keer met haar dogtertjie, Rosie, terug na Suid-Afrika, tot haar ouers se vreugde. Die eerste keer wat sy na haar terugkeer by vriende gaan kuier, loop sy in haar eksman, Brandon, vas. Sy drinkery was die oorsaak vir hulle egskeiding en Iris se eerste prioriteit is om Rosie te beskerm. Rosie is egter dadelik mal oor haar pa en hy oor haar. Iris is huiwerig om vir Brandon ‘n tweede kans te gee en haar ouers is bang dat dit weer kan flop en dat Iris dan weer landuit sal vlug. Brandon nooi Iris saam op ‘n sakereis na Europa sodat sy vir haarself kan sien dat hy verander het.
Sy vind uit dat sy steeds lief is vir Brandon. Sal sy ‘n tweede kans met hom waag? Is geluk vir hulle beskore?