My gunsteling Afrikaanse skrywers (1)

Dit is die eerste plasing van vele waar ek bietjie meer gaan deel oor my gunsteling Afrikaanse skrywers. Ek het baie skrywers wat ek as my gunstelinge beskou en daarom sal ek meer as een skriffel hieroor moet maak . . .

Vir jare lank was liefdesverhale my gunsteling genre. Ek lees steeds liefdesverhale, maar krimis is nou bo aan my lys van gunsteling genres.

Vandag gaan ek sommer net so vinnig noem wie van my gunsteling krimi skrywers is. My mees onlangse aankope bestaan uit die nuutstes van Sidney Gilroy (Bloedsomer), Irma Venter (Al wat tel ) en Chanette Paul (Anoniem – lesersindruk volg binnekort). Van my ander gunstelinge is Rudie van Rensburg , Chris Karsten, Madelein Rust (Siembamba) en Erla Diederick (Salemstraat). Daar is nog ander wie ek in ‘n ander plasing sal noem.

Gaan volg gerus die skakels wat ek hierbo geplaas het en lees gerus wat ek van sommige boeke gedink het.

So baie boeke, so min tyd!! Kan ek nie maar net betaal word om elke dag te lees nie?

#sureneleeswyd #ekleesnb #ekleeslapa