’n Trekker vir twee deur Ilze Beukes
Ansone erf onverwags oom Simon se plaas. Sy is reeds verlief op die plaas met die rondawel, ooptes en berge. Milner, haar nuwe buurman wil graag die plaas koop, maar sy weier, want sy kan nie wag om haar droom om te boer te bewaarheid nie.
Sy kry ʼn onaangename verrassing toe sy op die plaas aankom en sy beland onbepaald op Milner se plaas. Ansone moet planne maak vir die toekoms om haar plasie winsgewend te maak, want sy wil nie terug stad toe nie. Almal wat sy ontmoet is begeester met haar planne en almal help met idees. Sy verras Milner met haar ondernemingsgees en haar positiwiteit ten spyte van alles wat verkeerd loop. Gaan Milner van sy planne met die plaas vergeet en haar ondersteun? Gaan die liefde oorwin?
’n Trekker vir twee is ’n heerlike liefdesverhaal, met ‘n goeie skoot positiwiteit van die heldin se kant wat mens sommer laat lekker voel. Lees gerus ook ’n Fiets vir twee (2021) en ’n Motorfiets vir twee (2023) deur dieselfde skrywer.
ISBN 978-1-77987-034-6, Romanza: Plaas
© Surene Esterhuizen
#LAPA #Romanza