Ons vier Vroue-maand

deur Surene Esterhuizen

Foto geleen: North West University

Elke jaar vier Suid-Afrikaanse vroue Vroue-dag op 9 Augustus. Elke jaar op Vroue-dag neem ek en vriendin, Marizanne, deel aan ’n stap vir vroue om Vroue-dag te vier en daarna gaan eet ons ’n heerlike ontbyt by Arnold’s on Kloof in Kaapstad. Helaas, gaan ons hierdie jaar nie aan ’n formele stap deelneem op Vroue-dag nie.

Maar ook getrou aan Suid-Afrikaners is die hele Augustus sommer Vroue-maand. Watwou net een dag vir vroue hê, ons vat sommer ’n hele maand!!

Met Covid-19 is dinge sommer heeltemal anders wêreldwyd en ons kan nie alles doen soos voorheen nie.  Wie wil nog 2020 oor begin? 2020 is ook die jaar waarin ek 50 word. Ek het besluit ek wil eers volgende jaar my 50ste verjaardag vier! Ek wou dit mos groot doen. Soos vriendin, Dee, gesê het: Life begins at 50!! En haar lewe het beslis ’n positiewe verandering gekry na 50!!

Terug by Vroue-maand: wat beplan jy vir Vroue-maand? Gaan jy vir jouself iets anders as normaal doen? Beplan jy om in ’n ander vrou of jong dogter se lewe ’n verskil te maak?

En sommer net om ’n lekker uitdaging in te gooi: wanneer laas het jy iets vir die eerste keer gedoen? Wat gaan jy hierdie maand vir die eerste keer doen?

Ek beplan iets, maar meer daaroor later! Hou gerus vir Woordkuns dop op die eerste dag van Vroue-maand!!